Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Eerste uitgawe eerste druk 2017 deur Carpe Diem Media. Die sagtebandomslag sowel as die binneblaaie is in n uitstekende toestand die boek lyk nog splinternuut.
n Huldeblyk aan die legendariese rugbyheld Joost van der Westhuizen deur sy broer, Pieter, soos oorvertel deur Anita van Niekerk. Van Pieter se mooiste herinneringe saam met Joost kom uit hulle kinderdae. Hulle het baie poetse gebak en kattekwaad aangevang. Hy vertel uit sy hart van hulle kaalvoetdae en die kwajongstreke wat hulle aangevang het. Hy beskryf ook roerend hulle laaste dae en ure saam voor hy vir altyd afskeid moes neem.
Pieter het in n stadium self vir Joost versorg en praat eerlik oor wat dit van hom geverg het maar ook hoe dit hom verryk het.
Met talle swart-wit en kleurfotos.