Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Toestand: Goed. Een naam en datum. Inhoud skoon en netjies.
Formaat: Hardeband
Bladsye: 246
Uitgegee: 1939 (Nasionale Pers)
ISBN:
n Groot aantal verdienstelike werke oor die Tweede Vryheidsoorlog het reeds hul verskyning gemaak. Die vegterrein was egter so uitgebreid, die stryd het so lank geduur en die leiers aan die kant van die Boere het so onafhanklik van mekaar opgetree al was die doel dieselfde, dat een en ander nog vermeld kan en moet word.
Die skrywer het die oorlogsondervindings en awonture van wyle genl. Kritzinger en van homself nie in die vorm van n dagboek opgestel nie, maar het sekere gebeurtenisse, waarnemings en indrukke saamgegroepeer. Hy het die voorreg gehad om van die begin tot aan die end van die oorlog die Boere-magte te vergesel. Op alle moontlike maniere het hy die saak van die gewese Republieke probeer dien en bevorder. Hy het opgetree as veldprediker en het ook as gewone burger die wapen gehanteer. Hy het ageer as militêre sekretaris van genl. Kritzinger totdat hy gewond is. Daarna het hy in dieselfde hoedanigheid genl. Louis Botha bygestaan tot die sluiting van die vrede.
Op hierdie en ander maniere het hy na die beste van sy vermoë sy volk in die donkere oorlogsdae gedien en aangemoedig om in die roemryke stryd te volhard tot die end. In die Skaduwee van die Dood is die titel van n werk van sy hand wat in die Engelse taal verskyn het nie lank na die afloop van die oorlog nie.