In 1982, tydens die hoogty van apartheid, ontvand ds Nico Smith n beroep na die NG gemeente in Mamelodi. Tot almal se verbasing aanvaar hy dit. Hy en sy vrou Ellen, n gerekende kinderpsigiater, laat hulle gemaklike lewe in Stellenbosch agter en gaan bly in Mamelodi.
Hier leer Nico en Ellen die harte van die mense ken, en beleef hul swaarkry saam met hulle. Hulle leer n ander God ken, die God van die armes, die verworpenes en die verdruktes.
Tog betaal hulle self ook n prys.