Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
...moet speurder-inspekteur Griessel van die Ernstige en Geweldsmisdaad-eenheid eers vir Artemis keer: Die vigilante wat die doodstraf teruggebring het, wat besig is om misdaad teen kinders met 'n lang lem en 'n skrikwekkende meedoënloosheid te wreek.
En met die media wat skree, die politici wat druk toepas, 'n span onbeholpe jong speurders en verskeie kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie Griessel 'n lokval.
Maar hy het nie rekening gehou met die liefde van 'n sekswerker vir haar kind, die haat van die Sangrenegro-dwelmkartel en sy eie smagting na die helende kragte van die bottel nie.