R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Infanta - Deon Meyer - Lapa - 2004 - Hardeband: naam uitgewit, verder mooi skoon en stewig.
My naam is Benny Griessel en ek is 'n alkoholis," sê hy.
"Hallo, Bennie," sê die twee-en-dertig stemme in 'n blymoedige koor.
"Ek het gisteraand 'n bottel Jack Daniels uitgesuip en my vrou geslaan. Sy het my vanoggend uit die huis uit gesit. Ek is nou een dag sonder drank. Ek is hier omdat ek nie my drinkery kan beheer nie. Ek is hier omdat ek my vrou en my kinders en my lewe wil terughê ..."
...moet speurder-inspekteur Griessel van die Ernstige en Geweldsmisdaad-eenheid eers vir Artemis keer: Die vigilante wat die doodstraf teruggebring het, wat besig is om misdaad teen kinders met 'n lang lem en 'n skrikwekkende meedoënloosheid te wreek.
En met die media wat skree, die politici wat druk toepas, 'n span onbeholpe jong speurders en verskeie kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie Griessel 'n lokval.
Maar hy het nie rekening gehou met die liefde van 'n sekswerker vir haar kind, die haat van die Sangrenegro-dwelmkartel en sy eie smagting na die helende kragte van die bottel nie.