Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
INGRID JONKER — BEELD VAN 'N DIGTERSLEWE is die eerste volledige biografiese publikasie oor hierdie jong digter wat ikoon en legende geword het. Na haar dramatiese waterdood in die winter van 1965 het Ingrid Jonker agter 'n sluier van geheimhouding bly voortleef. Nou, byna 38 jaar later, word haar armoedige kinderdae, haar verhouding met haar pa, haar ongelukkige huwelik, haar stormagtige liefdesverhoudings met die skrywers Jack Cope en Andr Brink vir die eerste keer in ware perspektief gestel. Uit die bykans 140 foto's, 60 briewe, manuskripte en tot nou toe verborge inligting kom 'n insiggewende beeld van Ingrid Jonker as mens van vlees en bloed.