| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
1. Die wêreld van n insek
Die hoofstuk is grotendeels n inleiding en daar is n interessante gedeelte oor die grootste, kleinste, langste lewe, kortste lewe, hitte- en kouebestandheid, ens.
Pleks van een brein in die kop het insekte n gedesentraliseerde senuweestelsel. Primitiewe insekte het inderwaarheid n brein, oftewel senuweeknoop, vir elke liggaamsegment
Al die verdere breine, wat onderling verbind is, kan heel goed op hulle eie [heermee] voortgaan. n Goeie voorbeeld hiervan is dat n koplose hottentotsgotmannetjie effektief kan paar.
2. Voortplanting
Deeltydse maagde: Die plantluise het die voordele van geslagtelikheid en ongeslagtelikheid perfek gekombineer. In die lente en die somer, wanneer jong groei van plante volop is, plant die wyfies ongeslagtelik voort. Dit versnel hulle vermeerdering geweldig. In die herfs produseer hulle, pleks van ongevleulde dogters, skielik gevleuelde seuns en dogters. Dié vlieg rond, paar en die wyfies lê dan bevrugte eiers op die gasheerplante. Dié bevrugte eiers is geprogrammeer om te oorwinter
3. Metamorfose
Dit wat binne-in n papie afspeel is een van die ongelooflikste prosesse in die lewende natuur.
in n papie moet uit n larwe skielik, sonder tussenstadia, n volwasse insek gemaak word. Niks wat die volwassene nodig het, is by die larf op sy plek nie.
4. Beweging
wat die vlooi dan teen 20 G laat versnel
Deur dié pen hard op een van die knoppe te druk en dan skielik in die gleuf te laat afgly, kry die kniptor so n geweldige ruk dat hy verkeie kere sy eie lengte die lug ingeskiet word. Indié proses bereik die kniptor se kop n vernelling van 380G!
5. Konstruksies en strukture
Die molkriek se klarinet Mannetjies hol hulle tonnelingang só uit dat dit in n bolvormige holte eindig. Hulle sit dan in hierdie tonnel en striduleer op die strategiese punt waar die klang presies net soos in n klarinet versterk word.
6. Sig en lig
Waarskuwingskleure en nabootsing: In die natuur is die internasionale kode vir gevaar swart gekombineer met rooi (tot oranje of geel) , of met wit Giftige diere boots mekaar dikwels na om die boodskap vir vyande te versterk n Groot aantal nie-giftige insekte boots op hulle beurt weer die giftiges na.
7. Geluid en gehoor
Vals alarm van die doodshoofmot: Die rede vir hierdie eienaardige piepgeluis is verbasend. Doodshoofmotte gaan gereeld in heuningbyneste in om heuning te steel. Hulle piepgeluid stem presies ooreen met die koninginfluit, wat onder meer die effek het dat die werkerbye vries en passief gaan sit.
8. Reuk
Van voor en agter toegegroei: Mierleeus se larwes grawe tregtervormige vangputjies in die sand Hulle lê dan (soms maande lank) Omdat miere besonder goed ruik, sou hierdie putvalle nie gewerk het as mierleeus enige reuk afgee nie. Die mierleeus is dus geheel reukloos, wat hulle regkry deurdat beide hule mond en anus toegegroei is.
9. Aanpassings vir hitte en koue
Namib-toktokkies speel met vuur: Een tegniek wat die daglewende toktokkies het om dié omstandighede te oorleef, is lang bene. Hierdie bene word geknak gehou wanneer die toktokkies soggens en saans naby die warm sand wil wees om op te warm terwyl die lug nog te koud is.
10 Superorganismes
Kastes: Werkerbye verrig n verbasende aantal take, maar daar is nie spesiale kastes nie. Die bye los dié probleem op deur sogenaamde progressiewe poliëtilisme, wat beteken dat n werkerby haar deur die loop van haar lewe opeenvolgens op verskillende take toelê Interessant genoeg kan werkerbye, as die swerm dit vereis, regreseer na vorige stadia in hulle ontwikkeling byvoorbeeld weer koninginjelliekliere of waskliere ontwikkel nadat hulle dit reeds vantevore verloor het!
11. Die rol wat insekte speel
Insekte speel n rol in alle landekosisteme, en hulle rol is groter as wat meeste mense aanneem Omdat juis dié wat ons skade berokken natuurlik wel opgemerk word, is daar by baie mense die persepsie dat die meeste insekte plae en peste is
Wat egter nog onverbeter is, is die gebruik van die maaiers van sekere brommers om wonde van dooie weefsel te reinig. Aangesien die maaiers net dooie weefsel eet, sal hulle letterlik dooie selle tussen die lewendiges uit verorber met n netheid wat chirurgies oonmoontlik is. Verder skei hulle antibiotika af om ontbindingsbakterieë (wat hulle konkurente is!) te beveg.
12 Identifikasie
Die hoofstuk bestaan uit omtrent 70 bladsye, met fotos, illustrasies en beskrywings van omtrent 2 tot 4 ordes, onderordes of families per bladsy. Ek dink Prof. Holm moes hierdie hoofstuk liewer n indeks genoem het, maar ek dink hy het dit die laaste hoofstuk gemaak om mense soos ek wat besluit het om die hele boek deur te lees, n streep te trek!

