Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Title: Ons Camino
Sub Title: 'n Spaanse Avontuur
Author: Pienkes Du Plessis
Synopsis: Dis die reisverhaal van Pienkes en sy vrou, Lizzie, op hulle voete en met hulle rugsakke op die antieke pelgrimspad na Santiago, ᅤノ staptog van 330 km in April 2015.Hulle belewenisse van baie lief en min leed, word sorgeloos en sprankelend oorvertel in Ons Camino, ᅤノ boek met ᅤノ teks van 41 000 woorde en 87 kleurfoto's op glanspapier.Die Camino is 'n pad, 'n weg, in Spaans. In hierdie geval die wereldbekende pelgrimspad na Santiago in die noordweste van Spanje. Dis op hierdie pad dat Pienkes en Lizzie du Plessis in April 2015 hulle begeef en die 330 km van Leᅢᄈn na Santiago op hulle voete in 'n avontuur omskep wat hulle lewenslank sal bybly. 'n Heuglike avontuur, fisiek uitputtend, spiritueel 'n belewenis, 'n ontdekkingsreis van mites en wondere oor baie, baie eeue heen. Van oorlog en liefde, liegbek biskoppe en vreeslose minnaars, siekes en verhongerdes, rowers en hoere, biddendes en goddeloses. Sorgvuldig in kerkboeke opgeteken en entoesiasties oorvertel en bygeheg deur kroegmanne met lang voorskote. Platneusnuuskierig teen die venster van die godsdiens beleef hulle hierdie tydlose mistiek van die Camino, waar miljoene in die duisende kerkies bid en in die taphuise drink. Die Camino praat met jou die hele pad, praat met jou binnekantste, herskep dit tot aan die einde, en maak jou van vooraf nuut.
Condition: Ex-Library
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.See more of our books at