Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Afrika is een van die laaste oorblywende opsies vir die ernstige jagter. Hierdie boek, die eerste van sy soort in Afrikaans, is 'n volledige gids vir die beginner, sowel as die ervare trofeejagter. Dit is ook onontbeerlik vir enigeen wat belang stel in Afrika wild. Hierdie boek - die Afrikaanse weergawe van die gewilde Hunting Africa - sal na verwagting die standaardbron oor jag in Afrika word. Jag in Afrika is 'n uiters omvattende boek wat elke denkbare aspek van jag, gewere en verwante onderwerpe dek. Dit bevat alles wat 'n mens kan verlang in 'n boek oor jag in Afrika.