Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
"Die teks word gekomplementeer met lyntekeninge deur Zakkie Eloff. Die verhale vertel van die “dae toe Suid-Afrika nog jonk en vol wild en wilde manne was” . In die voorwoord skryf HP van Dyk: “Die literatuur oor jag in Afrika is indrukwekkend breed. Jag was ’n gemeenskapsaktiwiteit; die voortbestaan van die stam het daarmee saamgehang. En daarom sou jag ook ’n religieuse konnotasie aangeneem het, wat uitmond in prysliedere en elegieë en rotsskilderye. Die semiotiese benadering tot rotskuns lei inderdaad tot jag-verhale – een San-skildery na die ander vertel, as dit aandagtig ‘gelees’ word, hoe die swak mens hom met sy selfgemaakte wapens en sy verstand teen magtige grootwild opgestel het".
Hardeband boek 1991 1ste uitgawe Human & Rousseau ISBN 0798128208, ex biblioteek hardeband in beskermer, goed gebind, skoon wit teksbladsye. Gebruik op eerste lee endbladsy waar kaart netjies verwyder is en 'n netjiese klein stempel op volgende bladsy.