Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
JAN CHRISTIAAN SMUTS WAS 'N SOLDAAT, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar 'n leierskapsvakuum.
In Afrikaner sonder Grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek, omdat daar soveel te leer is uit sy merkwaardige prestasies.
Di hoogs leesbare boek ondersoek onder meer Smuts se rol as politieke leier en as adviseur van wreldleiers, sy geestelike en intellektuele lewe en sy verhoudings met vroue. Sy unieke bydraes op 'n verskeidenheid ander terreine, insluitend botanie, bewaring en filosofie, word ook bespreek.
Afrikaner sonder Grense skram egter nie weg van die teenstrydige in Smuts nie. Hoewel hy een van die argitekte van die Verenigde Nasies en 'n groot kampvegter vir menseregte was, het hy die swart meerderheid by die politiek van die land uitgesluit.