Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Jan Smuts, 'n Biografie
Die eerste Afrikaanse biografie oor genl Jan Smuts (1870-1950), vertaal deur FA Venter.
'n Onbevooroordeelde beeld van veldmaarskalk Jan Christiaan Smuts, krygsheer, staatsman, wetenskaplike en wysgeer, deur 'n tydgenoot van hom, Frederick Simon Crafford. Die biografie is aanvanklik in 1943 in Engels deur Doubleday, Doran & Co, Garden City, New York uitgegee. Dit is toe deur die bekende Afrikaanse skrywer FA Venter, beroemd in eie reg, vertaal en in 1947 (drie jaar voor Smuts se dood) in Afrikaans deur FS Crafford uitgegee onder die druknaam Edina Works (Eiens) Bpk, Waterkantstraat 117, Kaapstad. Die boek het verskeie herdrukke in Engels (New York, Londen en Kaapstad) en Afrikaans beleef. Die boek bevat heelwat swart-wit-foto's en kaarte. 408 pp.
'n Netjiese tweedehandse uitgawe, geteken deur die eerste eienaar, Bertie Scheublé van die plaas Elandskloof, Napier, in 1947.
Toestand: Oor die algemeen netjies en skoon, met hier en daar bruin kolletjies (foxing). Bruin kol op laaste skutblad. Binnekant van rug agter met wit kleefband versterk. Hardebandomslag het wit kolle, is effens gerafel aan die kante en die rug is verbruin.