Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Jannie du Toit (gebore Johannes Hendrik du Toit, 13 Desember 1951 in Heidelberg) is 'n bekende Afrikaanse sanger wat hom sedert 1971 besig hou met Afrikaanse musiek. Na Jannie se mening het die bekende ligte Afrikaanse liedjies wat tot en met begin van die sewentigerjare gehoor kon word, nie aan Afrikaanse musiek reg laat geskied nie. Hy het dit gevolglik van sy universiteitsdae af as 'n uitdaging beskou om Afrikaanse musiek in verskillende genres te ontwikkel, deur aanwending van 'n goeie balans tussen die musiek en liriek.