Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
We combine postage, so do look at our other items on offer.
Dispatched within 2 business days.
Condition : Very Good.
Jannie Mouton is een van Suid-Afrika se mees suksesvolle en kleurryke entrepreneurs. Mouton is in die pad gesteek as besturende direkteur op die ouderdom van 48. Binne 15 jaar daarna bou hy 'n allemintige sakeryk op: PSG het belange in maatskappye met 'n markkapitalisasie van R61 miljard en is een van die top-40 maatskappye op die JSE. Daar is baie wat se hy is 'n bliksem wat nie nee vir 'n antwoord vat nie, maar hy lees en het 'n sagte hart vir die poesie. Oor 'n swartbemagtigingsopportunis sal hy nie sy woorde tel nie, maar hy kon dit nog net een maal in sy loopbaan oor sy hart kry om self 'n kollega te vra om te loop. Wie is die man agter PSG en hoekom het hy finansiele dienste kleintjies in die landbou- en selfs onderwysbedrywe laat kry? Hoe het Capitec se fenomenale sukses beslag gekry, wat moet 'n mens van die Pioneer Foods-kartelsage maak en hoekom vee hy hom af aan die woede van baie in die wynbedryf oor sy KWV-planne? Het Mouton die "vermoe om markte te voorspel" soos wat Finweek suggereer? Die Stellenbosse sakereus Jannie Mouton speel oop kaarte en deel die sake- en beleggingslesse wat hy geleer het.
Title | Jannie Mouton: "en toe fire hulle my" |
Authors | Jannie Mouton, Carie Maas |
Publisher | Tafelberg, 2011, Paperback |
ISBN | 0624049310, 9780624049319 |
Length | 264 pages |