R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Jasper op Kosskool - C.F. Beyers-Boshoff - Hardeband met stofomslag - oud-biblioteekboek.
Vir ‘n lewendige seun van dertien jaar oud, is en bly die skool maar lastige ding. Jasper het egter al geleer om hom met sy lot te versoen en het net probeer sorg dat die skoolwerk nie te veel inbreuk maak op al sy ander doenighede nie.
Maar toe tref ‘n splinternuwe ramp hom: vir drie hele maande moet hy in die koshuis gaan bly en elke dag kool eet! Vir ‘n knaap wat sy eie buitekamer gehad het, wat so vry soos ‘n voël in die lug was, was dit darem ‘n gevoelige slag. Geen wonder dat hy na vele oorpeinsing besluit het dat dit soos ‘n soort tronk gaan wees nie.
Enige kosskool het reëls; dit is onvermydelik. En dit was net so onvermydelik dat Jasper hierdie reëls sou oortree en een of ander tyd met sy bas in die warmwater sou beland. Maar hieraan het hy hom nie veel gesteur nie. Daar was te veel pret om nog bekommerd te staan en wees oor die gevolge.
Jasper op Kosskool is die negende titel in die alombekende en beminde Jasper-reeks.
Hierdie reeks is bekend vir die hoe standaard wat daarin gehandhaaf word en hierdie boekie sal aan enige leser se verwagtinge voldoen.