Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Baie goeie toestand; soos nuut.
Jeanne Goosen is een van die veelsydigste én mees kontroversiële skrywers in Afrikaans. Sy debuteer in 1971 as digter met 'n Uil vlieg weg, opgevolg deur Orrelpunte. Ook as dramaturg druk sy haar stempel af met hoogs suksesvolle eenakters en kabarettekste, Drie eenakters. Maar dis veral as prosaskrywer dat sy vir haar 'n prominente plek in die Afrikaanse letterkunde oopskryf met die publikasie van Om 'n mens na te boots, 'n Kat in die sak, Louoond, Ons is nie almal so nie en die kortverhaalbundel 'n Gelyke kans.
n Gelyke kans, n bundel kortverhale. Hieroor vertel Jeanne Goosen: "My stories skryf hulleself. Daars geen mistieke proses nie. Al wat ek doen, is om mense dop te hou. En dis die sogenaamde 'laer klas' wat my van kleinsaf gefassineer het. Daar is n goudmyn van temas, verhale, volkskultuur, bygelowe, trots."
"Ek onthou hoe ek op my eerste skooldag nege-uur die aand deur die Polisie opgespoor is waar ek iewers in die onderdorp saam met n regte klomp fietas, n gesin van twaalf kinders, in die straat gespeel het. Ek het sommer saam met hulle huis toe gegaan. Dit het so lekker gelyk.
"Ek dink die ophef wat oor stories oor armblanke Afrikaners gemaak word, is omdat ons te gewoond is aan die stereotipe van arm, maar edel, veral in die geval van vroue. Maar daar was vroue daardie tyd wat lief was vir sonde, wat hul mans verneuk en gerook het, wat gehou het van bioscopes, en as waitresses en usherettes gewerk het." (Boekewêreld, 19 Julie 1995)
Nou speel Jeanne Goosen in n Gelyke kans klaar met dié tema. "Op n grandiose manier: geweld, bloed, derms; die antiheld wat met geweld n einde wil maak aan die getelery." Teen die einde van die boek word n ander tema sterker: dié van die magiese wêreld van tricks en die sirkus, waar alles wat onmoontlik is, moontlik word. Maar hierdie is ook die wêreld van die outsider, van mense wat 'anders' is, wat kan vlieg.