Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
| |
Jeremy het in die 1980s in Elsiesrivier en Tiervlei sy inslag gehad. Hier het hy die grootloop leer loop, in die djaarts van sy uitgebreide familie en die damdjaart waarheen hy sy pa gereeld vergesel het. Toe hy as agtjarige saam met sy pa n bendemoord aanskou, het hy hom soos n man gedra. Vandag is hy generaal-majoor Jeremy Vearey, speurhoof van die Wes-Kaap, wat spesialiseer in die bekamping van bendegeweld. Sy reis tussen toe en nou lees soos n verslag gelaai met aksie, maar bykans gestroop van emosie. Vir hierdie man, lyk dit, was daar nie juis sprake van n persoonlike lewe nie. Hy leef as idealis, van sy dae as aktiewe MK-kader, gevangene in Pollsmoor en op Robbeneiland en verder op sy pad van integrasie in die intelligensiediens van die nuwe bestel. En al is sy omgang met sy nabyes so in die verby, klop die warm hart vannie Elsies in sy borskas.2018. Sagteband; 182 bladsye. Baie goeie toestand. Minder as 1kg. |