Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
I.L. de Villiers is n besonderse digter in Afrikaans. Hy dig, soos sy voorgangers, Totius en Sheila Cussons, oor die religieuse dimensie. Op n konkrete wyse versoen hy die metafisiese en aardse, die kenmerkende paradoks van hierdie besinnende vers. Dit bly nie net by praat, wonder of filosofeer nie, maar dit word n belangrike ervaring van die lewe se wonders, ontnugteringe en natuurlik, die dood.
Reeds die titel Jerusalem tot Johannesburg, vang iets op van die paradoks in sy digkuns: van behoort tot sowel die religieuse as die aardse. In 1981 is sy werk met die Credo-prys bekroon en De Villiers is n digter wat imponeer, veral met hierdie bundel waarin ons blyke vind van n vakman wat knap met tegniese middele omgaan, soos halfryme, woordspelings en vorme (soos o.a. die moeilike distigon).
In die tweede afdeling word die ervaring van Johannesburg beskryf: enersyds nostalgies, waarderend; andersyds afwysend met die verwysings na die mens se ervaring van die droogte en hoe plante verlep in hierdie genadelose hitte waar, ironies genoeg, net die stapelia uit Afrika kan oorleef. Die blomme soos beskryf in Stadsdroogte met Totius se Trekkerswee as interteks vergestalt die mens se onbehae met n lewe wat uitmergel en beproef.