Johanna: produk van 'n gemengde huwelik, word in afsondering groot - sonder apartheid, het haar pa koppig en trots besluit. Maar sy besit nie haar ma se lydsaamheid en berusting nie. Sy verwerp die onnatuurlike isolasie en vaar die wye wereld op eie houtjie in - om kennis te maak met die volle Suid-Afrikaanse werklikheid, waarbinne sy haar geluk, haar identiteit moet vind, ten spyte van apartheid en sy onvermydelike implikasies.Met die verhaal bring Jan Rabie - soos ons al van hom leer verwag het - iets nuuts in die Afrikaanse prosa. Sy bemoeienis bly by die mens, wat steeds sentraal staan in die roman, en die mense betrokke by 'n gemeenskap. Maar dit is sy uitbeelding van die gemeenskap wat verfrissend nuut is. 'n Reeks gevatte en raak satiriese episodes word behendig met Johanna se verhaal ineengevleg: 'n rugbywedstryd, 'n reklameset, 'n familiebesoek in Bonteheuwel, regeringsonderhandelings op Tafelberg, 'n literere uitstappie na Onrusrivier, kortom, 'n kaleidoskoop van Suid-Afrika, vandag, in al sy fasette.

Title: Johanna se Storie
Sub Title:
Author: Jan Rabie
Publisher:
Year:
Number of pages:
ISBN: 9780798112529
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.