Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
VERIFIED SELLER SINCE 2009; > 134,000 100% POSITIVE RATINGS : BUY WITH COMPLETE PEACE OF MIND
Discover the dazzling & magical world of superbly beautiful hand-made Czech art glass from the 1950s to 1990s with this link:
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1252633/Bookfinder
JOHANNES MEINTJES - DAGBOEKE (2022/2023 UITGAWE; HARDEBAND; 318 bladsye)
Die skilder Johannes Meintjes (19 Mei 1923 to 7 Julie 1980) was ook 'n historikus en skrywer, onder meer van dertien dagboeke, waarvan nege dele ongepubliseerd gebly het. Meintjes het vier dele (drie Dagboeke en Jeugjare) self uitgegee deur sy Bamboesberg Uitgewery op Molteno.
Sy eerste dagboekinskrywing is op 13 Februarie 1941 in Dagboek Deel 1 (gepubliseer in 1961) en die laaste in Deel 12 (ongepubliseerd) op 5 Julie 1980, twee dae voor sy dood.
Meintjes se inskrywing 'Toe ek met die Dagboek begin het, het ek nooit besef dat dit my monument gaan wees nie. As die geheel ooit in een band verskyn, wie weet, kan daar maar taamlik gesny word...' (30 Januarie 1964 in Dagboek Deel IV, ongepubliseerd), was die uiteindelike motivering vir die 2023 publikasie getiteld Johannes Meintjes DAGBOEKE.
Al die dagboeke, gepubliseer en ongepubliseerd, is saamgebring om die verhaal van Johannes Meintjes se lewe in geheel weer te gee. Die fokus is op die mense wat hy ontmoet het, kommentaar oor politieke gebeure asook geloofsake. Daar is weggestuur van diep persoonlike, onsinnige of kwaadwillige opmerkings, terwyl vertellings oor sy uitgebreide sosiale aktiwiteite afgeskaal is. Die seer sake word wel aangeroer waar dit tersaaklik is. Waar gesondheids- of finansiële kwessies Meintjes se skeppingsvermoë beïnvloed het, word dit vermeld.
Hierdie boek is op 19 Mei 2023 (Meintjes se 100ste verjaarsdag) by die Stellenbosch Universiteitsmuseum bekend gestel.
An English version of Meintjes' Diaries (424 pages) is available as an eBook from both itsi store and Google Play.
Posgeld : R35 via BobShop koerier.
Die korrekte spelling van sy van is Johannes Meintjes - en nie Johannes Meintjies nie