Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Johannes W van der Walt, Johannes Strydsman: Legendariese Boere Verkenner en Kaapse Rebel. Anglo-Boereoorlog 1899 - 1902.
no place: no publisher but likely the author, first edition, 2012.
Large format, card wraps, 259 pages, illustrations.
Number 176 of an edition limited to 500 copies, signed by the author.
Corners of wraps slightly curled. Very good condition.
Afrikaans text.
'VOORWOORD
Weet dit: Ek het groot waardering vir mense wat so 'n passie vir hulle voorsate se geskiedenis het dat hulle 'n boek daaroor skryf vir die nageslag om te onthou. En dit kan nogal deksels goed doen. Johannes W. van der Walt is so iemand. Hy wou vir sy nageslag ietsie vertel van sy oupa Johannes van der WaltJohannes Strydsman genomese ervarings in die Anglo-Boereoorlog. Die resultaat is 'n boek wat ek nie kon neersit toe ek dit begin lees nie.
Johannes Strydsman se verhaal word kunstig ingevleg in die verhaal van die Kaapse rebelle in die Oos-Kaap. Lees maar: Hy vertel hoe die kommando, kort na sy oupa se aansluiting, al vegtende beweeg oor die plase Smith's, Spring Vale, Zandfontein en Roode Hoogte tot in Olivenboom, waar hulle vasskop in verdediging teen 'n koppie. Hier was baie skuiling, sê hy, en kon kolonel Gorringe die kommando nie uitkry nie. Hulle veg die heeldag van 24 Februarie, gaan hy voort, en voeg by dat Johannes later baie meer vertroud sou raak met die toe nog vreemde klanke van oorlogvoering. En 'n paar bladsye verder lees ons: "Die nuwe aansluiters moes vinnig gewoond raak aan die liddiet en die skrapnel. Met 'n harde knal het die koeëls meters ontplof ..."
Daar is ook skitterende invoegings oor die lewe op kommando, soos die rol van perde, die alewige stof, beesvelry en ander vorme van ontspanning, en die straf wat vir oortredings toegedien isalles maniere om vir ons 'n kykie te gee in die lewe wat Johannes Strydsman moes ervaar het. Daar was ook die storie van die ou Boeretante wat nogal met behulp van die Britte 'n geweer uit die huis kon smokkel. Johannes Strydsman moes ook nog die aanslag om sy nooi se hand verduur van 'n mededinger-Afrikaner wat in Britse uniform teen die rebelle bedrywig was.
Die skrywer het uitstekende navorsing gedoen. Waardevol is sy gebruikmaking van 'n aantal tydgenootlike plaaslike koerante, soos Grocott's Penny Mail, die Somerset Budget, Albert Times & Molteno News, die Midland News, en De Oudtshoorn Courant. Uit die aard van die onderwerp speel die Boere en rebelle die belangrikste rol in die boek, maar Van der Walt toon ook respek vir die vermoëns van generaal John French en luitenant-kolonel Henry Scobell, wat die wêreld vir die Boere en die rebelle in die Kaapkolonie gemaak het.
Met vrymoedigheid beveel ek hierdie boek by lesers aan oor die verhaal van 'n gewone burger in 'n oorlog wat die Afrikaner na meer as honderd jaar steeds na aan die hart lê.
Prof Fransjohan Pretorius
Departement Historiese en Erfenisstudies
Universiteit van Pretoria'
South African War.