This item has closed 1 buyer bought 1 item
View other items offered by The Bedouin4344

Similar products

33% OFF
Die Stem van Suid Afrika Signed & enscribed by Walter Spiethoff
R6,500.00 R9,750.00
LETTER FROM FORMER PRESIDENT WIFE MRS TINI VORSTER - 1985
R38.90
Free shipping
Ons Lewende Geskiedenis (8 LP box set detailing the history of the Afrikaner in South Africa))
R850.00
DIE WONDER VAN AFRIKAANS(1959 PIN)
R60.00
John Vorster & Pik Botha. LANGSPEELPLAAT 'Die Stem van Redelikheid' AFRIKANER NASIONALISME. 1975.
Sold

John Vorster & Pik Botha. LANGSPEELPLAAT 'Die Stem van Redelikheid' AFRIKANER NASIONALISME. 1975.

1 was available / secondhand
R380.00
Shipping
R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 3 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Buyer protection
Get it now, pay later

Product details

Condition
Secondhand
Location
South Africa
Customer ratings:
Product code
Coll33/1603
Bob Shop ID
233671586


BESKRYWING EN TOESTAND
BESKRYWING'n Baie skaars en interessante item vir die versamelaar van items wat handel oor AFRIKANER NASIONALISME. Die langspeelplaat is  uitgegee in 1975. Advokaat B J (John) Vorster was die Eerste Minister van Suid - Afrika en Advokaat R F (Pik) Botha was die Minister van Buitelandse sake. Dit was 'n tydperk van toenemende druk teen Apartheid, toenemende sanksies teen ons land en isolasie. Hierdie plaat: DIE STEM VAN REDELIKHEID / THE VOICE OF REASON se doel kan beskryf word as die verduideliking van en propaganda vir die Vorster regering se detente beleid in Afrika (basies 'n uitstrek van die hand van vriendskap teenoor ander Afrika lande). Hierdie beleid is later onsuksesvol bewys omdat die res van die wereld nie detente wou aanvaar sonder die afskaffing van apartheid nie.

Die eerste langspeelplaat bevat twee toesprake van Adv John Vorster en die tweede een bevat Adv Pik Botha se beroemde en veelbesproke toespraak by die Algemene Vergadering van die Verenigde Volke in Oktober 1974. Hierdie toespraak van Pik Botha was beskou as die Politieke Geloofbelydenis van die Suid Afrikaanse Regering vir die Sewentigjare.

Die omslag van die plaat is op die afbeelding hierbo. Nog 6 afbeeldings volg. Indien u belangstel in hierdie item, kyk asb goed na die afbeeldings en beskrywings en vra 'n vraag indien daar enigiets is waaroor u verdere inligting verlang.

 

TOESTANDDie plaat (dubbel album) is volledig en in baie goeie toestand. Die twee plate lyk asof hulle baie selde gespeel is. Die omslag is ook in goeie toestand.
NOTAS
Hierdie is 'n baie skaars item wat van groot belang is vir elke versamelaar van items oor Afrikaner Nasionalisme en die apartheidsbeleid. In die woorde van John Vorster het Suid - Afrika in 1975 voor die keuse gestaan van 'Vrede en voorspoed vir almal in Afrika of eskelasie van geweld'. Ons geskiedenis het gewys dat die pogings tot detente van die Vorster regering as gevolg van die apartheisbeleid van die Nasionale Party misluk het en dat die eskalasie van geweld en uiteidelike nuwe Suid - Afrika die uiteinde was.

 

 

omslag
Die buitekant (omslag) van die plaat toon 'n kaart van Afrika en die drie kleure van die nasionale vlag. Dit versinnebeeld die belangrike rol van Suid Afrika in die Afrika - kontinent. Die agterkant van die omslag (wat oopvou en 2 plate bevat) het dieselfde illustrasie. Die plaat is uitgegee deur Brigadiers en het die nommer BP 1373. Die titel is tweetalig.
binnekant van plaat
Die binnekant van die plaatomslag wanneer dit oopgevou is. Dit bevat beskrywings deur die hoofredakteur van HOOFSTAD (oor John Vorster se toesprake) en die hoofredakteur van die TRANSVALER oor Pik Botha se toespraak voor di VVO asook verdere inligting van borge ens.
Pik Botha in die VVO
Die omslag bevat 'n groot foto van Pik Botha tydens die lewering van sy toespraak voor die VVO in Oktober 1974.
Inhoud van 2 plate
Die klankinhoud van die twee plate. Plaat een het toesprake van John Vorster en plaat 2 bevat Pik Botha se toespraak voor die Algemene Vergadering van die VVO.
etiket van plaat 1.
Die etiket van plaat 1, kant 2.
etiket van plaat 2.
Die etiket van plaat 2, kant 2.

AANSTUURKOSTE

R42 IN SUID - AFRIKA PER POSKANTOORPAKKET. DIE ITEM KAN OOK AANGESTUUR WORD PER DEUR-TOT-DEUR KOERIER TEEN 'N BAIE REDELIKE KOSTE. 

EK HET 'N GROOT AANTAL INTERESSANTE ITEMS OP VEILING EN DIREK TE KOOP OP BID OR BUY. KLIEK OP DIE IKOON HIERONDER INDIEN U HULLE WIL SIEN.

I sell on bidorbuy.co.za

 

ImageImageImageImageImageImageImage

Recently viewed

Leonotis Leonurus Wild Dagga Petals 50g
R722.39

Customer ratings: 1 ratings

Great product and swift communication
03 Jul 2016