Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek nog in 'n goeie toestand. >>> Hierdie kort roman is een van daardie kroonjuwele wat 'n mens trots maak op jou taal en haar skrywers. Elsa Joubert vertel van 'n dramatiese dag op 'n landgoed in Angola wanneer daar opstand in die land is teen die onderdrukking van die meester. Met oordeelkundig ingevoegde terugflitse bou sy 'n beeld op van die lewe van die mense op die landgoed, veral meester Carlos se vrou, Ana-Paula, hoe hulle mekaar leer ken het en hoe die lewe hulle teleurgestel het. Die spanning tussen die karakters, op interpersoonlike asook groepsvlak, word deurgaans volgehou tot aan die uiters knap berekende slot. 'n Klein meesterwerkie. (Coenraad op Goodreads)