Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Our books are listed as Author Surname, First Name Book Title. To browse alphabetically by author, simply click here and select Sort by Title: https://www.bobshop.co.za/jsp/userprofile/UserTradeList.jsp?User_UserId=1015374
Die eerste omvattende sterrekunde-boek om in Afrikaans te verskyn, het onmiddellik by publikasie groot opslae gemaak en het sedertdien meer as 30 000 eksemplare verkoop. Dit word pakkend aangebied vir kenners én leke, en danksy die maklik verstaanbare taal word uiters ingewikkelde begrippe en teorieë toeganklik. \n \nVan die agterblad: \n \nHier staan ek in 'n heelal van dooie atome. Ook in my liggaam is nie 'n enkele lewende atoom nie. Maar ek lewe. Wat is lewe? Waar kom dit vandaan en hoe het dit ontstaan? Ek, 'n stukkie dooie heelal met 'n bewussyn, wat dink, 'n stukkie van die heelal wat na homself kyk en oor die betekenis daarvan wondeer verstaan. \n \nWat is werklikheid? Wat is waarheid? In hierdie boek probeer die skrywer in die lig van die jongste ontdekkings oor die kosmos en die kwantumfisika antwoorde op hierdie en ander vrae kry. \n \nDie boek het 'n grootse opset en beslaan drie dele: die makrokosmos, die mikrokosmos en die holistiese kosmos. Vir die eerste keer word die jongste kennis oor die kosmologie in verstaanbare Afrikaans op pakkende wyse vir beide die kundige en onkundige leser aangebied. Geen wiskundige of fisikakennis is nodig om die gevorderdste kwantumfisika en kosmologiese wonders te verstaan nie. \n \nEn wat van God? Fisici wonder waarvandaan alles kom, en hoekom die natuurwette so klaarblyklik beplan is om lewe, en ons, moontlik te maak. "Dit is 'n beplande opset," het Albert Einstein gesê. Die skrywer wy 'n hoofstuk aan wetenskaplike en metafisiese argumente oor waarom die heelal nie toevallig kon gebeur het nie, maar klaarblyklik deur 'n Voorsienigheid beplan is.D_\nProf. Gawie Cillié skryf oor die boek: "Wetenskaplikes praat hul eie besondere taal, en dit is bokant die koppe van die gewone mens Maar nou het die oud-joernalis Gideon Joubert na vore gekom met 'n eerste poging in Afrikaans om die kloof te oorbrug." \n \n"Ek kan die poging net met een woord beskrywe, briljant. Ek het die manuskrip met stygende belangstelling en entoesiasme gelees. \n \n"Joubert verstaan die kuns om selfs ingewikkelde begrippe in 'n helder leesbare trant weer te gee. 'n Besondere kenmerk van die boek is hoedat die skrywer telkemale die wetenskaplikes in hul eie woorde laat praat. 'n Mens maak byvoorbeeld kennis met die uitsprake van Albert Einstein en sy hedendaagse opvolger, Stephen Hawking, waarmee hulle hul eie groot ontdekkings begroet het. \n \n"Die Groot Gedagte is nie maar net n weergawe van die belangrikste ontdekkings op die gebied van die sterrekunde, die fisika en verwante wetenskappe nie; dis ook nie 'n opsomming vandie verlede gesê het, of wetenskapskrywers in ander tale oor die kosmologie te boek gestel het nie. \n \n"Joubert het daarin geslaag om ook sy eie stempel op die weergawe van die verhaal van die heelal af te druk."
Buy With Confidence
As a verified Bobshop seller, we offer a trustworthy shopping experience, maintaining an impeccable 100% positive rating from our buyers. With three strategically located depots across the greater Gauteng area, all orders are promptly dispatched from our Johannesburg North branch. Shop with confidence at Readmatter!
Pictures & Illustrations
Although we have photographed the majority of our products, some still feature stock images for illustration purposes only. Please note that the cover design of the actual product may differ from what is shown.
Condition & Availability
All our books are secondhand unless stated otherwise. Since we operate a network of physical stores in addition to our online presence, and update our Bobshop inventory only at the close of each business day, there may be occasions where items listed as available online have already been sold in-store. In such instances, we will provide a full refund promptly.
Readmatter is the proud sponsor of Penguins "Blikkies" , "Bos", "GC", "Geraldina" and "Gemini" at the East London Aquarium.