Jy Kan! 7 Beginsels om ‘n wenner te wees – Frank Minirth
Die bladsye van hierdie boek is in perfekte kondisie. Geen bladsye is geskeur of weg. Die boek se buiteblad is ‘n bietjie gevlek maar verder in goeie kondisie. Sagte buiteblad.
‘Christene wat hartseer en teleurstelling beleef, sowel as beraders en leraars wat hulle moet bystaan, sal baat vind by hierdie boek.
Het jy al ooit gevoel asof dinge teen jou is? Asof die oormag so groot is dat jy net sowel kan tou opgooi? Frank Minirth, bekende psigiater en medeskrywer van meer as dertig boeke, glo dat die sleutel tot oorwinning oor die oormag in sewe beginsels van Christenskap le:
- In Christus kan jy as jy glo jy kan
- Vestig jou lewe op die Bybel, gebed en kerk
- Sorg vir die hele jy
- Weet dat God by jou is
- Moet nooit moed opgee nie
- Groei deur nederlaag
- Beskou die lewe uit God se perspektief
Hierdie beginsels werk. Hulle het al vir duisende mense gewerk en hulle kan vir jou ook werk. Pas hulle toe en word ‘n wenner. En onthou, uiteindelik kan geen oormag jou oorwin nie, want Christus het die oormag lankal oorwin!’