R60 Standard shipping applies to orders under R100, in most areas in South Africa. R30 Standard shipping applies to orders over R100. Some areas may attract a R30 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
Ready to ship in
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most
accurate delivery time will be calculated at checkout, but in
general, the following shipping times apply:
Baie Christene ervaar 'n gevoel van mislukking omdat hulle nie heeltemal is wat hulle behoort te wees nie. In Jy kan word wat jy is help Arnold Mol jou om vry te kom van sulke gedagtes en 'n lewe van ontspanne heiligheid na te volg. Nie alleen beklemtoon die titel die verstommende posisie van die gelowige se plek in Christus nie, maar wys ook daarop dat geestelike groei God se verantwoordelikheid is nie ons s'n nie. Die talle 'Hoe om te ... ' - hoofstukke fokus op die aanwending van die oorvloedige hulpbronne wat tot elke gelowige se beskikking is. Die titel eindig met 'n kort beskrywing van die opwindende vooruitsigte waarna elke gelowige kan uitsien. Die inhoud is sterk gegrond op Skrifverwysings, maar bevat ook praktiese illustrasies en toepassings op alledaagse situasies waarmee gelowiges hulself kan vereenselwig. As jy wil weet wat dit beteken om 'n Christen te wees en hoe om n oorwinnende lewe te lei, is Jy kan word wat jy is die boek om te lees.