Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
//Kabbo op die ysterspoor is waarskynlik die eerste gepubliseerde Afrikaanse dramateks waarin die kollig volledig op die Boesman val. Die hoofkarakter, //Kabbo, die dromer met die magiese vermons, is volgens die skrywer die argetipiese Boesman, een van die laaste van die Kalahari-Boesmans. Vir die volle duur van die drama moet //Kabbo vir sy agtervolgers wegkruip, soos sy voorsate so dikwels moes doen. Terwyl ander eietydse Suid-Afrikaanse stemme rondom hom opklink, besin //Kabbo oor die lotgevalle van sy mense, wat nie teen die yster van die ander bewoners van die land opgewasse was nie: Yster! Dis daai wat die voormense nie verstaan het nie. n Man moet n ysterkop en n ysterhart h om te bly regop staan tussen hierdie ander tweebene.
TITLE: Kabbo Op Die Ysterspoor
AUTHOR: Christiaan Botha
SKU: 9781869190637
PUBLISHER: Protea Boekhuis
DATE PUBLISHED: 01/01/2005
PLACE PUBLISHED: South Africa
PAGES: 64
BINDING: Paperback / softback
LANGUAGE: Afrikaans
DIMENSIONS: 150 mm x 222 mm x 15 mm
WEIGHT: 120 gr