Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Toestand: Baie goed
Formaat: Hardeband
Bladsye: 47
Uitgegee: 1992 (SMK)
ISBN: 0620170360
Inleiding deur Lina Spies
Kaffie Pretorius is in 1941 gebore op Lambertsbaai, n vissersdorpie aan die Weskus van Suid-Afrika. Nadat sy haar skoolopleiding voltooi het aan Bloemhof Hoërskool op Stellenbosch, studeer sy verder as onderwyseres aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1964 is sy getroud met dr Rene. Pretorius, n kernwetenskaplike, en drie kinders, André, Mariana en Christelle is uit die huwelik gebore. Sy het by verskeie kunsskole gewerk onder meer in 1976 by n kunsskool in Los Angeles. Terug op Stellenbosch het sy ook vir n jaar gewerk onder André van Zyl by die Michaelis-kunsskool in Kaapstad.
In 1989 beoefen sy vir vier maande kuns in Amsterdam. Na n paar groep-uitstallings hou sy in 1985 haar eerste eenman-uitstalling op Stellenbosch. Nog eenman-uitstallings volg in 1987, 1989 en 1992. Kaffie se skilderye kombineer n aardsheid met intuisie en emosie. Haar kuns weerspieël haar verbondenheid met die Weskus en sy mense.