Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
'n Bundel verhale wat dateer uit die tyd toe jagters, trekboere en soldate saans om die kampvuur stories vertel het om hulself mee te vermaak en die tyd te verwyl. Dit is veral die jagters wat die fyn lyn tussen waarheid en versinsel oorgesteek het en wat nie net die verteller nie, maar ook die aanhoorders se sin vir humor en die absurde tot die uiterste beproef het. Spookstories was ook aan die orde van die dag, asook 'n paar dramatiese en deernisvolle verhale van dapperheid, ontbering en vriendskap. 'n Versameling stories wat deur jonk en oud geniet sal word, veral vir die interessante karakters en skerp humor.