Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
"Die Stigting Adriaan Delport soek ´n nuwe direkteur en die aangewese kandidaat daag op vir ´n onderhoud met die hele raad. In die poging om hom geskik te bewys, word daar diep gedelf, nie net in sy lewe nie, maar ook in elkeen van die raadslede s´n. Die Suid-Afrikaanse politiek van die '70s speel ´n groot rol in hierdie ondersoek, so ook godsdiens, maatskaplike toestande, persoonlike beskouinge. Terwyl hierdie aspekte in fel woordewisselings bygesleep word, speel ´n drama van lief en leed hom af in ´n kinderhuis waarvan die behoeftes uiteindelik deurslaggewend vir die aanstelling van hierdie kandidaat gaan wees."