Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
This book is in a excellent conditon !!! Good as new !!
specs
Kantelpunt gaan oor die stryd van 'n konvensionele, middeljarige, wit, Afrikaanse vrou om haar plek en haar stem in haar huwelik, in haar gemeenskap en in hierdie land te vind. Dis 'n feministiese roman vir konvensionele vroue.
Kantelpunt is die boekstawing van Nellie van der Merwe (gebore Petronella Jacoba van Aarde) se wederopstanding. Nellie is pas 50, 'n konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag sy het stilgebly. Met haar stilte het sy haar plek gekoop in haar huwelik, haar gesin, haar familie, haar werk, in die kerk, in die land, in die samelewing. Maar dan ondergaan sy 'n histerektomie, en haar wereld kantel. Sy is losgesny van die ding wat van haar 'n vrou gemaak het, en daarmee saam raak sy bevry van die stilte. Sy begin haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen 'n ontsettende prys. Sy word gedwing om alles wat sy tot dusver as gegewe aanvaar het te ondersoek, en in die proses moet sy nie net die mense naaste aan haar se aandeel in haar stryd erken nie, maar ook haar eie aandadigheid aan haar lot bepaal. Met elke insident, elke veldslag en elke gesprek tree sy verder weg van die geskiedenis en die konvensies wat haar stom gehou het, en kom sy nader aan die vrou wat sy van die begin af veronderstel was om te wees die een met wie sy in vrede kan saamleef.