Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Een van die klassieke Afrikaanse spanningsverhale word hier weer aan 'n nuwe geslag lesers bekend gestel. Saam met die onverskrokke kaptein Sarel Gereke, Ruiter in die Nag en baasverkenner vir die Boerekommando's gedurende die Tweede Vryheidsoorlog, sal lesers van Kaptein Gereke opwindende avonture op die eensame Vrystaatse vlaktes meemaak. In die geheimsinnige Engelse verkenner, bekend as die "Kolonel", ontmoet Sarel 'n waardige teenstander. Wie is hy? Waar kom hy vandaan? Is hy een van Sarel se manskappe? Met niks meer as die roep van die langasemvoël en die woorde van die "half-mal" Pieter Ulrig as aanduidings nie, sal Sarel Gereke sy vyand se identiteit vasstel. Hiervoor moet hy drie maal byna met sy lewe boet. Aan Sarel en sy vriende Andries, Willem, Fanie en Servaas word opdrag gegee om die President van generaal De Wet se kommando na generaal Hendriks, naby Kroonstad, te neem. Met roekelose waaghalsigheid hou die jong Boere die Engelse binne hul eie blokhuis besig, sodat Jan van Reenen en die manskappe veilig met die President kan deurjaag. Die oorlog is verby, die stryd verloor en Sarel keer terug na Rietfontein en sy troue Willemien. Haar toekomsdrome en moedige woorde oortuig hom dat die stryd nie tevergeets was nie. Mikro se Kaptein Gereke sal die leser end-uit boei met sy onder-houdende verhaaltrant. Die verrassende gebeure en spannings-belaaide situasies sal nie gou vergeet word nie. Hardeband
Kondisie: 6