Van Niekerk is 'n skrywer wat in sy werk teruggevind kan word. Die feit dat hy vir jare met duiwe geboer het en 'n duiwerubriek vir 'n koerant behartig het, moes vanselfsprekend 'n rol gespeel het by die skryf van Skrik kom huis toe, net soos sy verknogtheid aan die aarde weerspieel word in Die Haasvanger, maar miskien nog meer so in Karel Kousop.Die verhaal handel oor 'n Boesmanseun wat by 'nblanke gesin grootword. Die verhaal word aangebied deur die perspektief van sy blanke maat, Gerrit, saam met wie hy grootword, maar soos die titel reeds aandui, is dit Karel, die Boesmanseuntjie se verhaal. Gesinsverhoudings is weer belangrik, hier veral Karel se gebondenheid met sy ouers. Daar is die verlange na sy ma, wat hy wel nie direk wil erken nie, maar wat gesuggereer word omdat hy met sy eerste geld vir haar 'n present wil koop.Dit spreek ook uit die feit dat hy wil wraak neem op 'n kind wat hy dink sy ma gevloek het. Aan die ander kant is daar sy 'reddelose maar aangrypende verbondenheid aan sy pa' (Steenberg 1986:19). Die het uit die leer gedros om 'n moord te pleeg en word nou gesoek. Ten spyte dat hy dit oenskynlik goed het waar hy nou is, wil Karel by sy pa wees en loop hy weg sodra hy 'n kans kry.

Title: Karel Kousop
Author: Dolf Van Niekerk
Publisher: Tafelberg
Year: 1985
Number of pages: 76
ISBN: 9780624022602
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever