Karolina Ferreira - Lettie Viljoen
Check my rate
View locations
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Karolina Ferreira gaan na die Vrystaatste dorp Voorspoed om in die omgewing navorsing oor motte te doen. Op pad laai sy 'n onbekende man met die naam Willie September op.
Aanvanklik bly sy in die dorp se hotel. Hier speel sy saans snoeker, dans oor die naweek met en ontmoet 'n verskeidenheid mense. Onder andere Pol, die enigmatiese prokureur, die geteisterde boer Tonnie de Melck, die driftige luitenant Kieliemann, en ander lede van die plaaslike polisie. Sy en Willie word toeskouers van die ondergrondse magstryd wat op die dorp heers, en van die geweld wat hieruit voortspruit.
Ondanks haar voornemens word Karolina soos die minnaars wat sy die eerste keer op 'n bankie in die begraafplaas sien en oor wie sy wonder ook meegevoer deur die liefde.
Geweld en liefde, die openbare en die intens private, word in hierdie roman op 'n indrukwekkende wyse ineengevleg.
Sagteband
Condition: Good