Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Kerspitborduurwerk
geskryf deur Alma Schwabe
____________________________________________________
Kerspitborduurwerk is 'n omvattende, praktiese gids wat dié handwerkvorm stapsgewys aan naaldwerksters verduidelik.
Naas interessante agtergrondinligting, gee die boek volledige instruksies oor hoe om kerspitborduurwerk te doen. Die basiese steke en die borduur van motiewe word so eenvoudig uiteengesit dat beginners dit maklik kan volg. Daarby bevat die boek volkleurfoto's, waregrootte-motiewe en -patrone vir 'n keur van kerspitartikels: boekmerke, klein en groot kussings, 'n foto'of prentraam, kerspitprente, 'n gans-deurstuiter en selfs 'n outydse kerspitlappop. Die motiewe kan ook vir die versiering van kledingstukke gebruik word.
'n Hoogtepunt van Kerspitborduurwerk is 'n egte, tradisionele kerspitkwilt - elke naaldwerkster se droom. Daar is volledige aanwysings vir die voorbereiding en die borduur van die blokke, die invoeg van die kant- en kwiltinsetsels, asook hoe om te kwilt. Deurgaans word talle nuttige wenke gegee om die eindproduk nog mooier en professioneel te laat vertoon.
__________________________________________________
Sagteband. Hierdie boek is baie mooi opgepas en het geen naam of ander inskrywings in pen of potlood nie.
_______________________________________________________
Posgeld: R30 (Suid-Afrika)