Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek en omslag nog mooi - Deur D.B. van Soelen vertaal - Teks in Afrikaans sowel as in Engels - Met illustrasies deur Stella Logie - Vorige eienaar se naam netjies binne. >>> Die tradisie van ongeloof, hedonisme en wanhoop wat die sentrale tema van Omar Khajjam se Roebaijat vorm, is ʼn kenmerkende eienskap van die menslike kondisie as sodanig. Daarom spreek hierdie versugtinge van ʼn eerlike ongelowige nie slegs tot ander ongelowiges nie, maar stem dit heel waarskynlik baie gelowiges tot onrus (soos Langenhoven dit trouens in die inleiding tot sy eie vertaling stel). Dan is daar ook die interessante Afrikaanse vertaling van D.B. van Soelen wat die kwatryne vertaal en ʼn Christelike antwoord op die oorspronklike gee. Hy noem sy vertaling Antwoord aan Omar Khayyám.