R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Kikoejoe - Etienne van Heerden (GETEKEN) - 1996, eerste uitgawe - Hardeband met stofomslag in baie mooi skoon en stewige toestand.
Fabian Latsky, wêreldreisiger, dink terug aan sy kindertyd op die vakansieplaas Soebatsfontein in die Karoo. Veral die somer van 1960, waarin baie somers saamvloei en dinge gebeur wat sy lewensuitkyk onherroeplik verander.
Sy ma, wat terughunker na haar toneeldae, lééf vir die nuwe Seisoen, wanneer die rondawels op die kikoejoegrasperk uit hul nate sal bars van besoekers. Dit sal ontvlugting bied; weg van die hallusinasies van haar man wat deur dokter Clark — in pas met die opkomende Beat Generation in New York — met LSD behandel word. Weg van ‘n saai bestaan wat slegs opgehelder word deur haar geheime ontmoetings met majoor Heathcote MacKenzie, ‘n oorlogsveteraan wat reeds twee jaar lank ‘n gas op die plaas is.
Onder die vakansiegaste wat opdaag, is Fabian se tant Geert, butch en bereis, wat hom, haar “pupiltjie”, leer dat die wêreld veel groter is as die Karoo. Vir die somer het Geert ‘n nuwe lover, juffrou Marge van die dorpsbiblioteek, en ‘n Harley Davidson met ‘n syspan om Karoostof mee op te jaag.
‘n Opskudding word veroorsaak deur die aankoms van Charles Jacoby, die Afrikaanse cowboy-sanger met die wit stetson en manjifieke wit hings, Valour. Daar word gereel dat die Entertainer in rondawel Zane Grey sal oorbly voor sy konsert op Cradock en Fabian se ma gryp die kans aan om gróót te organiseer.
Terwyl Fabian verwikkelinge met ‘n arendsoog dophou en dikwels stilletjies luister en loer, sien hy onnoembare dinge onder die oppervlak roer. Daar is meer wat smeul as die lyk wat weke lank in die gloeiende hooimied lê en verteer. Hy bly ook bewus van die Ding – die wekers noem hom Kikoejoe – wat in die donker rondsluip en sy kans afwag. Maar is dit die Dier wat die pragtige Sjonameisie Tsitsi een nag met geweld gryp? Of is dit Reuben, die swart kelner war soos ‘n skim tussen die gaste deur beweeg en haar heimlik begeer; die Broederbond-oom war haar as hulp saamgebring het; die Pastoor wat siele in die Moordenaarskaroo kom werf het of selfs die kraaimaer Veteraan met sy medaljes en die silwer koeël wat hy gereed hou vir die Ding?
Kikoejoe is ‘’n fassinerende oproep van ‘’n Karoojeug waardeur “winde van verandering” waai. Dit boei op verskeie vlakke en bevestig opnuut dat Etienne van Heerden ‘n skrywe van internasionale formaat is.