Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
In Kinderl kom verse oor die kwesbaarheid van kinders, swangerskapsverlies, genderkwessies, die liefde en erotiek, en geestesgesondheid aan die bod.
Die titel is die naam van 'n monument by Steinkopf in die Noord-Kaap ter herinnering aan 'n kinderuitwissing wat daar plaasgevind het 'n historiese gegewe wat nie wyd bekend is nie. 'n Afdeling in die bundel word aan verse gewy wat di verhaal vertel. In ander afdelings word narratiewe verse gebruik om te vertel van die ontstellende belewenis van opname in 'n psigiatriese instelling, en van 'n miskraam.
Laasgenoemde tema is nog weinig in Afrikaanse digkuns ondersoek. Voorts word erotiese ervarings treffend, evokatief en met 'n tikkie humor verwoord. Julius tree dikwels in gesprek met haar literre voorgangers en betrek dan die huidige sosiopolitiek.