This item has closed 1 buyer bought 1 item
View other items offered by The Book Traders5123

Similar products

R30 shipping
Sanger Van Die Suikerbosrand - Die Lewensverhaal van A G Visser - P H Langenhoven
R100
R30 shipping
Staatsopvattings van die Voortrekkers en die Boere by E F W Gey van Pittius
R500
R30 shipping
53% OFF
Om Op Eeue Te Loop - Engela Van Rooyen
R150 R320
Rots der eeue - FH Rose - 1952 - Skaars - Verhaal van Carne Roydon
R59

Klimaks van die Eeue - E.G. White

Secondhand
R75.00
Shipping
Standard courier shipping from R60
R60 Standard shipping applies to orders under R100, in most areas in South Africa. R30 Standard shipping applies to orders over R100. Some areas may attract a R30 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
Ready to ship in
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 3 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Buyer Protection How you're covered
Get it now, pay later

Product information

Condition:
Secondhand
Location:
South Africa
Customer ratings:
Product code:
BT9066
Bob Shop ID:
134415677

Klimaks van die Eeue Ellen G. White - ‘n Verhaal van Geloof en Moed uit die Verlede met Verhouding tot Gods Woord, Hedendaagse Wêreldgebeurtenisse en die Komende Klimaks van die Eeue Uitgebeeld Sentinel-uitgewers - 1957 - 418pp, bladwyser, volkleur ilustrasies 0 Hardeband in goeie toestand - Intern in mooi toestand.

Posgeld en verpakking R45.00

Hierdie boek uitgegee om ons hoogste verwagtinge te versterk: naamlik die uiteindelike en regte skikking van menslike sake. Dit word nie uitgegee om ons te vertel dat daar sonde, droefheid en ellende in die wêreld is nie. Dit word nie uitgegee om ons mee te deel dat daar ‘n onversoenlike stryd aan die gang tussen duisternis en lig, sonde en geregtigheid, goed en kwaad, dood en lewe nie. In die diepte van ons wese weet ons dit, en ons weett dat ons deelnemers is in die stryd. Maar baie mense is vreesbevange en verslae. Hulle is nie heeltemal oortuig dat die liefde uiteindelik oor die magte van boosheid sal seëvier nie.

 In elke mensehart is daar ‘n verlange om meer te weet aangaande die stryd tussen goed en kwaad, die strydvrae daarby betrokke en die sigbare en onsigbare karakters wat die stryd voer. Hoe het hierdie stryd tussen reg en onreg begin? Hoe is ek daarby betrokke? Ek is teen wil en dank in hierdie wêreld. Beteken dit vir my goed of kwaad? Watter beginsels is by die stryd betrokke? Hoe lank sal die stryd aanhou? Sal hierdie wêreld van ons, soos sommige wetenskaplikes beweer, in die dieptes van ‘n ewige sonlose nag verdwyn? Of is daar vir ons ‘n beter toekoms stralende met die lig van die lewe? Kortliks, sal Gods groot liefde vir die verloregaande mensdom en Sy plan vir ons verlossing uiteindelik seëvier?

 Maar die vraag raak ons nog dieper: Hoe kan die stryd tussen selfsug en liefde in my eie hart ten gunste van die goeie beslis word? Wat leer God ons oor hierdie vraag wat vir elke siel so uiters belangrik is? Wat leer die Bybel? Daardie God wat in ons ‘n hunkering na geregtigheid en die verlange na waarheid geskape het, sal tog seker nie kennis van ons weghou wat tot ons geluk hier en hiernamaals sal bydra nie.

Dit is die doel van hierdie boek om u as eerlike soeker na waarheid te help om die antwoord op hierdie verbysterende vrae te vind. Dit is geskryf deur iemand wat ondervind het dat God goed is, wat in gemeenskap met God en deur ondersoek van Sy Woord geleer het dat die geheimenis van die Here met diegene is wat Hom vrees en dat Hy Sy verbond aan hulle sal openbaar.

 Sodat ons die beginsels van hierdie eeu-oue stryd beter kan verstaan, het die skryfster aan ons die gebeurtenisse van die Christelike bedeling voorgestel as aanskouingsles oor die stryd tussen waarheid en dwaling. Die boek begin met die aangrypende slottonele in die verwoesting van Jerusalem deur Titus in die jaar 70 n.C. Die stad van Gods uitverkorenes lê in puin nadat hulle die Man van Golgota verwerp het. Voortaan beskryf dit op die grootpad van die volke die vervolging wat Christene gedurende die eerste eeue moes verduur; die groot afval wat daar in die kerk ontstaan het; die wêreldwye ontwaking van die Christenheid teen die einde van die Middeleeue; die vreeslike les wat daar vir ons is in die verwerping van Gods Woord gedurende die Franse Rewolusie; die herlewing van Bybelondersoek en Sy goeie, reddende invloed; die godsdiensontwaking van ons tyd; en die ontsluiting van die toekomsprofisieë van Gods Woord. Hierdie boek beskryf die huidige en dreigende vraagstukke waarmee die godsdienstige wêreld te kampe het en die groot grondbeginsels daarin betrokke waarteenoor niemand neutraal kan bly nie.

 En eindelik skilder hierdie boek vir ons die ewige en heerlike oorwinning van die goeie oor die kwade, regoor onreg, lig oor duisternis, blydskap oor verdriet, hoop oor wanhoop, heerlikheid oor skande, lewe oor dood en ewige, lankmoedige liefde oor wraaksugtige haat.

 Hierdie boek is voorheen uitgegee onder die titel Die Groot Stryd Tussen Christus en die Satan. Met hierdie verkorte uitgawe is sowel die titel van die boek as die opskrifte van sekere hoofstukke verander. Die hoofstukke is in hoofde ingedeel om dit meer leesbaar te maak en die voorkoms van die boek is gemoderniseer. Sekere hoofstukke en gedeeltes is weggelaat met die opstel van hierdie verkorte uitgawe, maar nêrens is die gedagte in enige opsig verander nie. Vorige uitgawes van hierdie boek het baie soekende siele al na die troue Herder gebring; dit is die bede van die uitgewers dat hierdie uitgawe selfs nog meer vrugbaar mag wees.

Customer ratings: 1 ratings

Baie goeie diens. Sal altyd weer by julle koop
06 Mar 2014