Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Kinders van ses tot nege jaar oud is die teikengroep vir dié eg Suid-Afrikaanse boek oor groentetuine. Hulle sal leer hoe om n tuin uit te lê, die soorte grond en hoe om grond voor te berei, plant en saai, snoei en oes van hulle eie gesonde groente, slaai en kruie. Daar is ook handwerkprojekte wat met tuinmaak verband hou en maklike resepte.
Die boek is in twee dele: die eerste oor grondvoorbereiding, saai en omsien na die plante terwyl hulle groei; herwinning, die seisone, insekte en voëls en natuurlike siklusse. Die tweede deel sal kinders inspireer om hulle groente-oes te geniet. Elke groente word op n dubbelblad gewys, met inligting, fotos, illustrasies en maklike resepte daarby.
2012. Hardeband sonder stofomslag, 140 bladsye. Baie goeie toestand, soos nuut. Minder as 1kg.