Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek lyk vir my nog splinternuut en ongelees. >>> Na my mening is Grypsyromp volbloed chick-lit en probeer dit niks meer of minder wees nie en dis waarskynlik wat dit geslaagd maak. Sover ek weet is drie dinge belangrik in chick-lit: n professionele enkelvrou, gewoonlik so skuins oor die dertig, haar loopbaan en haar vriendekring (urban clan). En dan eers kom haar liefdeslewe. Daar is dus gewoonlik n liefdesverhaal betrokke, maar dis nie noodwendig die belangrikste element in die storie nie.Mieke is n kleurvolle, impulsiewe, kreatiewe, warm vrou met twyfelagtige skoenesmaak, n wonderlike passie vir die woord en 'n indrukwekkende vermoë om haar drank te vat (behalwe soms). Die storie gaan oor haar stryd om in die harde sakewêreld met haar eenman(vrou) uitgewery te oorleef. Daar is heelwat nuttige sakewenke goed verskuil in die verhaal; dit word nooit prekerig nie. Daar is ook baie pret en n hele klomp kleurvolle en moderne karakters. En baie menslikheid, liefde en vriendskap deur dik en dun. (Alta Cloete)