Kommando - Van Perde en Manne
Check my rate
View locations
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Hierdie is die Afrikaanse weergawe van Deneys Reitz se joernaal, wat sy haas ongelooflike wedervaringe in die Tweede Vryheidsoorlog beskryf, asook in hierdie uitgawe die swaarkry tydens sy ballingskap in Madagaskar, en sy moeilike terugkoms na Suid-Afrika. Die eerste publikasie van Commando, deur Faber & Faber in 1929, was sedertdien 'n blitsverkoper in vele uitgawes en ander tale. Dit word wyd gerespekteer as 'n klassieke weergawe van die oorlog. Meer kopie as van alle ander boeke oor die Anglo-Boereoorlog saam is reeds van di boek verkoop, in die woorde van vryskutresensent Ferdi Greyling: "eenvoudig omdat dit 'n briljante boek is".
Greyling s van hierdie vertaling in moderne Afrikaans deur Hendrik Jansen: "Die vertaling lees gemaklik en hoewel ek soms gewonder het of die vertelstyl nie dalk hier en daar ietwat te ver gevoer is nie, besef ek ook dat 'vertel' die kern van Reitz se styl is. Die vertaling werk dus."
Greyling s ook: "Reitz se skerp waarneming het hom in staat gestel om mense soos Paul Kruger, Piet Joubert, Koos de la Rey, Louis Botha, Jan Smuts, Christian de Wet, Siener van Rensburg en selfs Winston Churchill in 'n paragraaf of wat as lewende persoonlikhede weer te gee. Dis 'n kuns om die regte manerismes en stukkies gesprekke te onthou wat die mense as't ware opsom."