Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Met jou baba se eerste happie babakos begin daar ’n noodsaaklike, lewenslange verhouding met kos. Elke ma wil graag hê dat dit ’n gesonde, genotvolle verhouding moet wees – van die eerste gladde purees, tot sagte kos met tekstuur, vingerkos en later peutervriendelike disse waaraan die hele gesin kan smul. Dié boek bied insiggewende voedingsriglyne, wenke, moets en moenies en 110 watertandresepte wat ma’s sal inspireer om self vir hulle kinders heilsame kos te maak. Die geure, smake, kleure en teksture uit Ma se kombuis is mos voorwaar koningskos!
Die voedingsfilosofie is om ma’s opgewonde te maak oor self kook vir Baba, en oor al die heerlike, gesonde dinge wat ’n baba kán en behoort te eet, in plaas daarvan om te hamer op lyste dinge wat nie geskik is nie. Die boek se hoofstukindeling fokus op: Eerste kos; 6 maande ; 9 maande; Vingerkos en Peutervriendelik.