Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
'n Uitstekende eksemplaar van die beroemde Kook en Geniet van SJA de Villiers. Met 'n stofomslag oorgetrek met sellofaan. Die bo- en onderkant van die stofomslag is effens verweer. Geskenk-inskrywing op eerste bladsy. Die hardeband en die saalsteek-band is nog stewig. Met 'n nuttige lys van omsetting van imperiale na metrieke mate. Blaaie binne so te sê splinternuut met geen merkie te bespeur nie.
Kook en Geniet is 'n kookboek wat in Afrikaans kop en skouers bo ander kookboeke uitstaan en goed vergelyk met die beste oorsese kookboeke. Die groot aantal beproefde resepte voldoen volmaak in die behoeftes van alle kokers, van die mees onervare tot die meesterkokke.