Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Kook en Geniet 50 goue Jare - S.J.A. de Villiers - Human & Rousseau - 2002 - 256pp, indeks, volkleut foto's - Harde glansblad in goeie toestand - Intern mooi skoon en stewig gebind.
Posgeld en verpakking vir hierdie lywige boek R45.00
Kook en geniet het in 1951 vir die eerste keer verskyn. Met meer as 'n halfmiljoen eksemplare in druk is dit ongetwyfeld die klassieke Suid-Afrikaanse kookboek. Generasies is grootgemaak en het self leer kook aan die hand van die boek. Kook en geniet dek alles wat jy ooit oor kook kan wil weet - van hoe om bestanddele te meet, oonde optimaal te gebruik, groente voor te berei en vleis gaar te maak tot hoe om kos perfek te vries - naas die meer as 700 ekonomiese, beproefde en geliefde resepte. Dink aan Japie se gunsteling, waterblommetjies of souskluitjies.