Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
KOUE SOEN DEUR FRANCOIS BLOEHOF
Op die 5de dag van die 8ste maand in die jaar 1940 kom die matriarge van die twee mees vooraanstaande families in die Simonsbergvallei teenoor mekaar te staan in in 'n bloedige konfrontasie:
"Jou dogters," sis Eleanor Strydom, "Hulle en hulle dogters..."
"Jou seuns, "vul Bet Rabie die gaping, "en hulle s'n en hulle s'n. Mag elkeen sterf op die oomblik dat hy vyf en twintig word."
Die reaksie kom net so vinnig: "Jou dogters, en al die vroue in jou nageslag - op die oomblik van hul grootste geluk sal hulle sterf."
In die skielike stilte gee elkeen 'n tree terug, staan hulle verder uitmekear om mekaar op te som, asof hulle nou al wil sien wie is die sterkste, wie sal die swarigheid die beste kan dra.
Maar dit is te vroeg om voorspellings te waag. Die jaar 2000 is te ver, ver in die verskiet.
KOUE SOEN WAS 'N FINALIS IN DIE SANLAM/DE KAT/ KUNS OP EEN ROMANKOMPETISIE VAN 1993.
HARDEBAND IN GOEIE KONDISIE
PG: 197