R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Kringe in 'n bos - Dalene Matthee - 2006 - Sagteband soos nuut.
Saul Barnard is 'n houtkapper met 'n rustelose siel - hy wil vreemdes uit die Bos hou en die vernietiging van die Bos probeer keer. Dan is daar 'n legendariese olifantbul - Oupoot - wat losbreek van sy trop ... Oupoot en Saul het 'n vreemde band tussen hulle . In die groen skemerwêreld van die Outeniekwa loop hulle kringpaaie. Saul Barnard, deur sy mense verwerp en deur gewetenlose houtkopers tot kneg verneder; Oupoot, eindeloos agtervolg deur jagters. 'n Man en sy dier-broer - saamgegooi in 'n ongerepte oerbos, wat stuk vir stuk deur gouddelwers, boskappers en ander uitroeiers vernietig word. Saul volg Oupoot se spoor, al nader aan die waarheid wat sy lewe vir altyd sal verander.
In Kringe in 'n bos het Dalene Matthee haar bemoei met bewaring en haar sterk uitgespreek teen die roekelose verwoesting van die inheemse bos. Maar sy het ook die stryd aangesê teen die hartelose uitbuiting van die minderbevoorregtes, die ongeletterdes: die bosmense in besonder, maar nie net hulle nie. Houdings en verhoudings is belangrike onderdele van haar werk.