This auction has been won.
View other items offered by The Book Traders5123
Leading
Breede442 1 × R120.00
22 Jul 18:07

Similar products

Krisis & Kultus - Christof Hanekom
Sold

Krisis & Kultus - Christof Hanekom

Secondhand 1 was available
R10.00 minimum increment
R120.00
Shipping
R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 3 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Buyer protection

Product details

Condition
Secondhand
Location
South Africa
Product code
BT2660
Bob Shop ID
23779319

Krisis & Kultus; Geloofsopvattinge en seremonies binne 'n Swart kerk - Christof Hanekom - 1975, eerste uitgawe - Academia - 119p - Swart en wit foto's, bibliografie - Hardeband in goeie toesatand - Stofomslag toon minimale rakverweer - Intern skoon en stewig gebind.

"Hoewel daar vandag gepraat en geskryf word oor Swart Teologie en verbandhoudende verskynsels, bestaan 'n geskikte geestelike en ideologiese infrastruktuur vir hierdie nuwe teologie in Afrika reeds meer as 'n eeu lank," se die skrywer van die boek. Dit blyk duidelik uit die snelle vermeerdering van separatiste- of inheemse kerke op die Afrikaanse vasteland. Tans bestaan daar minstens sesduisend van hierdie bewegings, en dit is betekenisvol dat die helfte van hulle in Suid-Afrika aangetref word. 

Hierdie verskynsel kan gesien word as "sowel 'n bewustelike as onbewustelike reaksie teen die geestelik-kulturele verowering deur sendingkerke waaraan die Swartman onderworpe was. Maar terselfdertyd dui dit op pogings om die Christelike boodskap binne 'n inheemse idioom te verwerk ten einde aanpassing by 'n veranderde lewenspatroon moontlik te maak. Dit hou verder verband met 'n gevoel  van ontevredenheid met 'n bestaande polities-maatskaplike bestel."

In hierdie publikasie deur 'n volkekundige word 'n uiteensetting gegee van die geestelike en ideologiese klimaat in die Zion Christian Church van Lekganyuane, die grootste onafhanklike Bantoe kerk in Suider-Afrika. Besonder insiggewend is die hoofstukke wat handel oor die posisie van die kerkleier, geloofsopvattinge en magiese gebruike in die kerk. Hieruit blyk hoe die geloofsbeskouinge van twee werelde sinkretisties in 'n sintese saamgevat word wat vir die Swartman aanvaarbaar is.

'n Boek wat nie slegs die belangstelling van volkekundiges sal geniet nie, maar van elkeen wat betrokke is by die dwingende problematiek van die Suid-Afrikaanse kontaksituasie.

Inhoud:

  • Ter inleiding

  • Sakrale bewegings

  • Die Zion Christian Church

  • Die kerkleier

  • Geloofsopvattinge

  • Magie

  • Slotbeskouing

  • Bibliografie