Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Toestand: Baie goed
Formaat: Hardeband met stofomslag
Uitgegee: 1992 (Jonathan Ball)
Bladsye: 175
ISBN: 9780947464561
Hierdie manjefieke geskenkvolume Kruiekleinood kombineer vir die eerste keer vyf van die immer gewilde boekies in Margaret Roberts se Suid-Afrikaanse Kruiereeks: Kook met Kruie in die Winter, Kook met Kruie in die Somer, Kruie wat Genees, Mooi en Gesond met Kruie, Pot-pourri.
Margaret Roberts is reeds n huishoudelike naam vir sowel tuiniers as kruie-entoesiaste en haar kundige raad oor die kweek van kruie, asook die menigvuldige en veelsydige gebruik van kruie is regdeur die land in groot aanvraag. Die Margaret Roberts se Suid-Afrikaanse Kruiereeks het ontstaan uit n stortvloed navrae wat Margaret ontvang het vir inligting oor spesifieke aspekte van kruie en hulle gebruike en hierdie bekoorlike naslaanboekies wat maklik en vinnig is om te gebruik, het eindelose genot gebied en met onvermoeide gewildheid inligting verskaf.
Met die oorspronklike tekeninge geillustreer, is hierdie kompakte, onverkorte en gerieflike handboek die perfekte geskenk vir enige persoon wat in die vreugde van kruie wil deel.
Ook in Engels as A Treasury of Herbs beskikbaar. Al die titels in die Margaret Roberts se Suid-Afrikaanse Kruiereeks is in sowel Afrikaans as Engels beskikbaar.