Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Just because it is worth knowing: excerpt from wikipepedia:
"Jan van der Merwe Wapenaar is op 10 April 1897 op die plaas Wijdgelegen in die distrik Harrismith in dieVrystaat gebore. Sy ouers is Johannes Petrus Wapenaar en Martha Georgina Post. Hy het drie broers, naamlik Cornelis Salmon (18911914) wat doodgeskiet is tydens die Rebellie, Hermanus Georg (18941964) en Johannes Petrus.
Hy bring n groot deel van die Anglo-Boere oorlog in die konsentrasiekampe deur saam met sy ma en broers. Vanaf Augustus 1901 tot Februarie 1902 is hulle in die kamp te Harrismith (waar sy jongste broer op 2 Februarie 1902 oorlede is), waarna hulle oorgeplaas word na die Ladysmith konsentrasiekamp wat hulle eers in Julie 1902 verlaat, etlike maande na vredesluiting. Hulle gaan nou na stieffamilie opWinterton in Natal, terwyl sy vader nog krygsgevangene in Ceylon is.
In 1907 trek hulle terug na Harrismith, waar hy skoolgaan tot September 1914. In Oktober 1914 begin hy saam met sy oudste broer deelneem aan die Rebellie. Sy broer word doodgeskiet en hy spandeer sewe maande in die tronk. Na vrylating reis hy aan die begin van 1916 na die Paarl om die matrikulasie-eksamen aan Paarl Gimnasium af te lê. Hy studeer die volgende jaar aan die Victoria Kollege op Stellenbosch, maar staak sy studies weens huislike omstandighede in September 1917."